Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

HOKKIE
Passievol oor hokkie
Hokkie is een van die fisies veeleisende sportsoorte. Spelers dek groter afstande oor 'n korter tydperk in vergelyking met die meeste ander spansporte. Hokkiespelers moet fiks, vinnig, sterk, kragtig en beweeglik wees.
Hokkie is ook nie so maklik soos dit lyk nie. Die meeste ander sportsoorte het net 'n bal, maar die gebruik van 'n stok verg 'n hoër vlak van vaardigheid en koördinasie.
Hokkie is die 3de gewildste sportsoort ter wêreld, naas sokker en krieket. Ware hokkie-aanhangers bly by die sport uit suiwer passie en liefde vir die spel, en dis hoe E.G. Jansen voel oor hokkie...ons is DOL OOR HOKKIE!
​
Fasiliteite:
​
-
2 x Hokkievelde + klubhuis + eerstespankamer
​
Direkteur - HOKKIE
Mnr. E. Thiart