Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

KULTUUR
KOOKWATER KULTUUR BY JANSEN
Stimulerende, hoë gehalte kultuuraktiwiteite om kinders van alle agtergronde en belangstellings te akkommodeer word by Jansen aangebied.
-
Kunstefeeste soos Con Spirito, die Germistonse Eisteddfod, Heidelberg Eisteddfod en die Vivarté Kunstefees waar ons kinders hulle talente op die verhoog kan uitleef.
-
Revue – min skole wat kan spog met 29 agtereenvolgende produksies.
-
Redenaars is n belangrike komponent van ons kultuurgees. Jaarliks presteer ons kinders by die ATKV – redenaarskompetisie, die Gauteng Interskole-redenaarskompetisie, Gauteng Public Speaking, Oppie tong af en ons eie interne kompetisies.
-
Tienertonele – jaarliks word kwaliteit-produksies op die planke gebring en neem ons deel aan die ATKV-Tienertoneel.
-
Sou die verhoog nie heeltemal wees wat jy in gedagte het nie, is daar altyd die dirigente en pom-poms wat die gees van alle aktiwiteite in die skool aanvuur.
Kookwater Kultuur …. beslis