top of page
7.jpg

BORGE

Borge is vir Dr. E.G. Jansen baie belangrik. Die skool moet fondse insamel om al hulle verantwoordelikhede na te kom.

Vrystelling van skoolgeld

-Solidariteit 2016

Daar rus 'n wetlike verpligting op skole om leerders wat dit nie kan bekostig nie kwyt te skeld van betaling van skoolgeld. Skole word minimaal (in sommige provinsies glad nie) deur die staat vergoed vir kwytskeldings. In 2011 het die Gautengse Departement van Onderwys aanvanklik vergeet om te begroot om skole te vergoed vir honderde miljoene se verlies aan inkomste uit skoolgeld en toe R 14 miljoen beskikbaar gestel. In 2016 is vergoeding vir kwytskeldings wel ingesluit in Gauteng se R3,9 biljoen-begroting vir onderwys (wat 58% meer is as die begroting van 2011) — 'n skamele R 13 miljoen! Skole verloor gemiddeld 26% van hul begrote inkomste aan skoolgeld as gevolg van kwytskeldings en kry minder as 3% daarvan terug van die staat . 

Styging in openbare skole se uitgawes 
Afrikaanse skole is afhanklik van skoolgeld om te oorleef. In kwintiel 5-skole dra ouers verreweg die grootste deel van die koste van onderwysvoorsiening. 'n Gemiddelde hoërskool se munisipale rekening is meer as die skool se totale staatsubsidie. Skole spandeer ongeveer 5% van hul inkomste aan munisipale dienste, terwyl die staatsubsidie 3.6% van hoërskole se totale begroting is. Skole se grootste uitgawe is salarisse van addisionele personeel in diens van skoolbeheerliggame. Ontwikkeling en instandhouding van terreine en geboue is tweede op die lys van skooluitgawes. 


Skole is in die moeilike posisie dat hulle nie kan aanhou om skoolgeld te verhoog om uitgawes te dek nie, omdat meer ouers dan bloot vir kwytskelding kwalifiseer. Skenkings en inkomste uit fondsinsamelings is dus onontbeerlik 

 

Elke borg sal voldoende blootstelling ontvang deur E.G. Jansen om hulle te bedank vir hulle bydraes tot die skool.

Borge is belangrik.
bottom of page