top of page
7.jpg

VOORWOORD VAN HOOF

Sedert ons stigting in 1955, bied Die Hoërskool Dr. E. G. Jansen ‘n koesterende en innoverende omgewing vir leerlders om beleefde, vrymoedige burgers en besorgde, begeesterde leiers te word. ‘n Skoolloopbaan by Jansen weerspieël altyd die vertroue wat ons in ons leerders se vermoëns het. Ons as leerkragte se roeping is om hulle vir die uitdagings van die toekoms voor te berei.  Ons baan voortdurend nuwe weë vir ons leerders om opwindende leergeleenthede te ondersoek.  Dit stel hulle in staat om volronde individue te word wat in hulself, en wat die toekoms hulle mag bied, glo.

​

By Jansen is daar ‘n gesonde klem op beide kurrikulêre en buite-kurrikulêre programme.  Om ons leerders te ontwikkel om uitstaande en gebalanseerde individue te word, volg ons ‘n leerder-gesentreerde benadering, integreer ons hoë-orde denkvaardighede en bied ons vele geleenthede vir leerders om deur samewerking te leer.  Ons leerders se voorbereiding om verantwoordelike lede van die gemeenskap te word, verg ‘n sterk klem op die ontwikkeling van karakter, uitnemendheid, spanwerk, leierskap-potensiaal en ander een en twintig eeuse vaardighede en ingesteldhede.  Bogenoemde word moontlik gemaak deur die heelhartige insette van ons toegewyde en talentvolle onderwysers wat voortdurend nuwe maniere vind om ‘n passie vir leer en die lewe by ons leerders te kweek.

​

Besoek ons gerus en ervaar die Jansenleerervaring wat leerders bemagtig om hulle potensiaal as volwassenes en leiers van môre te bereik.  Ons nooi jou met vrymoedigheid om deel te word van hierdie opwindende ervaring.

​

Leon de Beer
Hoof

Personeel-DE-BEER-L_-Export-Port1.jpg
bottom of page