JANSIES PRONK BY SANESA-PERDRYKOMPETISIE
Sondag, 6 Februarie 2022, het die belowende Jansieruiters aan die eerste SANESA-Perdesprongkompetisie deelgeneem en hulle baie goed...
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

Eienskappe wat jy nodig gaan hê om suksesvol te kan wees in perdry:
Die twaalf eienskappe en vaardighede wat 'n goeie ruiter nodig het, is geduld, volharding, empatie, 'n honger na kennis en 'n begeerte vir selfverbetering. Jy moet ook weet wanneer om te laat gaan, die vermoë hê om logies te kan dink, doeltreffend te funksioneer, 'n hoë weerstand teen stres ontwikkel, die vermoë hê om talent raak te sien en laastens is vasberadenheid en nederigheid 'n vereiste.
​
Hierdie eienskappe sal jou in staat stel om jou vermoëns optimaal te benut. Jy sal ook leer om in harmonie met jou perd te funksioneer.
​
E.G. Jansen ondersteun nie net perdry as 'n sport nie, maar ook elkeen van die eienskappe wat nodig is om hierdie sport suksesvol te kan beoefen.