top of page

JANSIES PRONK BY SANESA-PERDRYKOMPETISIE

Sondag, 6 Februarie 2022, het die belowende Jansieruiters aan die eerste SANESA-Perdesprongkompetisie deelgeneem en hulle baie goed van hul taak gekwyt. Albei ons ruiters, Marise Helberg en Kaylen Steenekamp het puik presteer. Marise het op haar pragtige grys perd, Pasella, die 70 cm-skouspronge oorheers en ‘n eerste plek in albei haar klasse behaal. Kaylen, haar graad 8-spanmaat, het op ‘n taamlike groot kastaiingbruin perd, By Chance, 'n ongelooflike 8ste plek in die 80cm Skouspronge behaal.

Ons sien uit na die volgende kragmeting wat die eerste naweek in Maart plaasvind. – Juf. Joubert.


0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page