top of page
7.jpg

VAKINLIGTING

Verpligte Leerareas
  • Afrikaans (1ste taal) (HT)

  • Engels (2de taal)  (EAT)

  • Wiskunde (WISK)

  • Lewensoriëntering (LO)

  • Natuurwetenskap (NW)

  • Kuns en Kultuur (KK)

  • Sosiale Wetenskappe  (SW)

  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe/Rekeningkunde (EBW)

  • Tegnologie (TEG)

Keuse Leerareas - Kies twee
  • Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

  • Spyseniering en Toerisme (S&T)

  • Siviele Tegnologie (SIV)

Verpligte Leerareas
  • Afrikaans (1ste taal) HT

  • Engels (2de taal)  EAT

  • Wiskunde (WISK)

  • Wiskunde Geletterdheid (WGL)

  • Lewensoriëntering (LO)

Keuse Leerareas - Kies drie
  • Fisiese Wetenskap (FW)

  • Lewenswetenskap (LW)

  • Dramatiese Kunste (DRA)

  • Geskiedenis (GESK)

  • Geografie (GEO)

  • Ekonomie (EKO)

  • Besigheidstudies (BES)

  • Rekeningkunde (REK)

  • Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

  • Inligtingstegnologie (IT)

  • Gasvryheidstudies (GAS)

  • Verbruikerstudies (VERB)

  • Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO)

  • Siviele Konstruksie (SIV)

Bevorderingsvereistes GRAAD 8 - 9

Afrikaans (1ste taal) HT - 50%

Engels (2de taal) EAT - 40%

Wiskunde (WISK) - 40%

 

Drie ander vakke 40%

Drie ander vakke 30%

(Uitgesluit verrykende vakke)

​

Bevorderingsvereistes GRAAD 10 - 12

Afrikaans (1ste taal) HT - 40%

Twee ander vakke 40%

Drie ander vakke 30%

(Uitgesluit verrykende vakke)

​

Biologie uitstappies is ALTYD interessant!

VAKKEUSEVEREISTES

 

  1. ‘n Leerling kan nie ‘n druipvak neem nie.

  2. ‘n Agste vak mag slegs met die toestemming van die vakpersoneellid geneem word en die leerling moet ‘n gemiddeld van 75% in graad 9 handhaaf. (Ekstra Koste)

  3. ’n Inligtingstegnologie is ‘n keuringsvak met betrekking tot Wiskunde bo 60%.

  4. ‘n Leerder kan nie IT en RTT as keusevakke saam neem nie.

  5. ‘n Leerder kan nie Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde kies indien hy/sy Wiskunde Geletterdheid neem nie.

  6. ‘n Leerder kan nie Verbruikerstudie en Gasvryheid saam neem nie.

  7. Gasvryheidstudies (GAS) is 'n universiteitsvrystellingsvak.

 

KWALIFISERING VIR GRAADSTUDIE (UNIVERSITEITSVRYSTELLING)

 

Vier van die twintig kredietvakke - 50% en meer.

 

KWALIFISERING VIR DIPLOMA

 

Vier van die twintig kredietvakke - 40% en meer

.

EKONOMIESE WETENSKAPPE

EBW is die studie van kommersiële vakke soos ekonomie, besigheidstudies en rekeningkunde. EBW poog om senior fase leerders 'n goeie algemene insig van die kommersiële studieveld te gee.

 

Verpligte Leerarea

​

Ekonomiese & Bestuurswetenskappe 

​

  • Verpligte leerarea

  • Kombineer

    • Besigheidstudies

    • Ekonomie

    • Rekeningkunde

​

Wat doen Jansen om die onderrig ven Rekeningkunde te versterk?

​

Die leerarea word in twee vakke opgedeel:

  • Bestuurswetenskap en

  • Rekeningkunde

 

Rekeningkunde by Jansen:

​

  • Onderrig deur opgeleide onderwysers met jare ervaring in die onderrig van Rekeningkunde

  • Uitstaande matriekuitslae.

  • Daar is baie werksgeleenthede in die finansiële sektor.

  • Juis daarom is die onderrig van Rekeningkunde vir ons ‘n passie en wil ons u kind die beste kans gee om met selfvertroue Rekeningkunde as keusevak in graad 10 tot 12 te neem.

  • Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie het al drie universiteitstoelatingstatus en is juis daarom goeie keuses om van graad 10 – 12 in vakpakkette in te sluit.

​​

Rekeningkunde word dus as voorbereiding in graad 8 en 9 aangebied as deel van EBW.

Ekonomiese
KUNS EN KULTUUR (GR 8 – 9)

Definisie:

​

Die Kuns en Kultuur-leerarea dek ‘n breë reeks inheemse Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurpraktyke. Die kunste en kultuur is ‘n wesenlike deel van die lewe en omvat die geestelike, materiële, intellektuele en emosionele aspekte van mense se aktiwiteite in ‘n gemeenskap..

​

Doel:

​

Die hoofdoel van hierdie leerarea is om aan alle leerders ‘n algemene opvoeding in Kuns en Kultuur te bied.

 

Die Kuns en Kultuur-leerarea het ten doel om die volgende te bewerkstellig:

​

  • stel leerders bloot aan en bied ervarings in dans, drama, musiek, visuele kunste, (kuns-)handwerk, ontwerp, media en kommunikasie, kunsbestuur, kunstegnologie en erfenis;

  • ontwikkel skeppende en innoverende individue as verantwoordelike landsburgers en volgens die waardes van demokrasie soos dit in die Grondwet van Suid-Afrika tot uiting kom;

  • bied aan alle leerders toegang tot opvoeding in kuns en kultuur as deel van die regstelling van historiese wanbalanse;

  • ontwikkel ‘n bewustheid van nasionale kultuur, ter bevordering van nasiebou;

  • vestig, ontwikkel en bevorder die kreatiwiteit van Suid-Afrikaners as ‘n ryk en produktiewe bron;

  • bied deur middel van kuns en kultuur aan leerders geleenthede om bruikbare vaardighede, kennis, houdings en waardes te ontwikkel wat hulle op die lewe en lewenslange leer voorberei;

  • ontwikkel ‘n begrip van die kunste as simboliese taal.

Kuns & Kultuur
SPYSENIERING EN TOERISME (S & T) (GR 8 – 9)

“Die lewe is volmaak met die drie-enigheid; goeie geselskap, spys en drank.”- D.J. Opperman

​

S & T is ‘n verrykingsvak in gr. 8 & 9, en dien as bekendstelling vir Toerisme, Gasvryheid en Verbruikersdienste wat in gr. 10 – 12 geneem kan word.

​

S & T is ook:

  • ‘n keusevak, en 

  • kan saam met enige ander verrykingsvak geneem word.​

 

Spyseniering

 

Waarvan leer jy?

  • Spyskaarte

  • Sjef werk

  • Bediening in restaurante

  • Kombuisorganisasie

  • Voedsel-en drankbestuur

 

Beroepsgeleenthede

  • Professionele chef

  • Funksiekoördineerder

  • Hotelbestuur

  • Eie onderneming

  • Privaat spyseniering

 

Toerisme

 

Waarvan leer jy?

  • Ikone van die wêreld

  • Ekotoerisme

  • Provinsies & kulture

  • Wêrelderfenisgebiede

  • Nasionale Parke

 

Beroepsgeleenthede:

  • Reisagent

  • Hotelbedryf

  • Wildbewaarder

  • Konferensieorganiseerder

  • Lugwaardin

  • Toergids

​​

In graad 10 tot 12 word Spyseniering en Toerisme (S&T) in twee leerareas verdeel, naamlik:

​

  • Gasvryheidstudies (GAS)

  • Verbruikerstudies (VERB)

​

Gasvryheidstudies bied die student die grondslag om opgelei te word en vaardighede met selfvertroue, kreatiewe energie en passie te bemeester.

​

‘N RESEP VIR SUKSES!

Verbruikersdienste
INLIGTINGSTEGNOLOGIE – IT (GR 10 – 12)

Inligtingstegnologie het ontstaan uit die groeiende behoefte van die Inligtings- en Kommunikasie Tegnologieë (IKT) van ons hedendaagse lewens.

​

“IKT is die samevoeging van netwerke, hardeware, sagteware en kommunikasie deur interaksie van verwerking, bestuur en uitruil van data en inligting.”

​

As basis word die volgende binne IT bestudeer:

​

  • Persoonlike rekenaar hardeware en sagteware;

  • Netwerk hardeware en sagteware;

  • Ander hardeware en sagteware;

  • Gebruik van IKT in probleemoplossing;

  • Die impak van IKT op die samelewing;

  • IKT se etiese, wetlike en sekuriteitsaspekte;

  • Selfoontegnologie;

  • Video, oudio, radio en digitale tegnologieë.

​​

Wat kan 'n leerder na gr. 12 met IT doen?

​

  • Analiseer faktore wat algemene werksverrigting van rekenaars beïnvloed;

  • Skep verslae rakende allerdaagse probleme in rekenaarsopstellings;

  • Lewer sinvolle sagteware en hardeware aanbevelings vir unieke behoeftes;

  • Demonstreer kennis en begrip oor die impak van IKT op ons alledaagse lewens;

  • Kritiese ontleding van Internet sekuriteit;

  • Besef die sosiale en etiese implikasies van IKT;

  • Gevare en impak van onwettige sagteware;

  • Insameling en veilige stoor van data en inligting;

  • Normalisering van databasisse tot 3NF;

  • Gebruik van multi-tabel databasisse met navrae;

  • Manipuleer ingesamelde data deur gevorderde tegnieke om sinvolle afleidings te maak;

  • Ontwerp en ontwikkel eie werkbare programme wat alledaagse probleme effektief kan oplos;

  • Effektiewe gebruik van skikkings, tekslêers, databasisse, klasse en objekte;

  • SQL – Structured Query Language

  • OOP – Object Orientated Programming.

​​

Wie kan IT as vak neem?

Leerlinge:

​

  • wat aan die einde van gr 9 vakkeuses maak;

  • met goeie kommunikasievaardighede;

  • met goeie Wiskunde vermoëns (Meetkunde);

  • met logiese kognitiewe vaardighede;

  • met baie kreatiwiteit;

  • met probleemoplossingsvaardighede;

  • wat belangstel in tegnologiese vooruitgang;

  • wat bereid is om hard te werk;

  • wat geensins lui is nie.

​

Hoe verskil IT van RTT?

​

In beide vakke word teoretiese sowel as praktiese kennis en vaardighede rakende rekenaars se hardeware en sagteware bestudeer. Die verskil tussen die twee vakke lê direk in die diepte van ondersoek wat elkeen aan die onderskeie temas bied.

​

IT as vak bestudeer alle aspekte van hardeware en rekenaarwerking in baie meer tegniese diepte as wat die geval in RTT is.

​

Binne die praktiese afdeling van die twee vakke lê die grootste verskil. In IT word daar gefokus op probleemoplossings binne programmering van selfgedefinieerde sagteware.

​

In RTT val die fokus op die volledige begrip van die hele MsOffice pakket nl. Woordverwerking, Sigblad, Databasis en Aanbiedings.

 

Kan ek beide IT en RTT kies vir Gr 10?

​

Alhoewel IT en RTT as twee aparte vakke aangebied word, kan jy beide vakke gelyk neem.

INLIGTINGSTEGNOLOGIE
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE – RTT (GR 10 – 12)

Rekenaartoepassingstegnologie is ‘n nuwe vak wat ontstaan het as ‘n verbetering van vorige vakke soos Rekenaartik en Rekenaarstudie SG. RTT betrek ‘n breër algemene kennis van Inligtings- en kommunikasietegnologieë(IKT) van ons alledaagse lewe.


Omdat IKT voortdurend verander, word die volgende areas behandel tydens 'n leerder se RTT-loopbaan:

​

  • Persoonlike rekenaar hardeware en sagteware;

  • Netwerkomgewings;

  • Gebruik van IKT in probleemoplossing;

  • Die impak van IKT op die samelewing;

  • Kommunikasietegnologie;

  • IKT se etiese, wetlike en sekuriteitsaspekte.

​​

Wat kan 'n leerder na gr. 12 met RTT doen?

​

  • demonstreer kennis van hardeware, sagteware en wye areanetwerke;

  • demonstreer begrip van probleemoplossing van eenvoudige eindgebruiker probleme;

  • gevorderde manipulasie van lêers en lêergidse;

  • identifiseer en bespreek wetlike, etiese en sekuriteitsaspekte relevant tot IKT;

  • identifiseer die impak van IKT op die omgewing asook sosiale implikasies op ‘n globbale vlak;

  • toepaslike en korrekte toevoer van data;

  • hoogsgevorderde woordverwerkingtegnieke;

  • kennis en vaardigheid in sigbladtegnieke;

  • kennis en vaardigheid in databasistegnieke;

  • kennis en vaardigheid in aanbiedingstegnieke;

  • toepassing van logiese denke in die oplos van geïntegreerde eindgebruiker probleme;

  • interpreteer geskrewe en elektroniese dokumentredigering om korrekte afvoer te lewer;

  • effektiewe kommunikasie van inligting deur seleksie van gepaste kommunikasietegnieke;

  • maak van ingeligte keuses na data-insameling;

  • Logiese denke in die verwerking van data.

​​

Wie kan RTT as vak neem?

Leerlinge:

​

  • wat aan die einde van gr. 9 vakkeuses maak;

  • met goeie kommunikasievaardighede;

  • met fyn motoriese vaardighede;

  • met logiese en praktiese denkvaardighede;

  • met eie kreatiwiteit;

  • met probleemoplossingsvaardighede;

  • met ‘n bereidwilligheid om te leer en nuwe vaardighede in verskeie situasies toe te pas;

  • met ‘n bereidwilligheid tot lewenslange leer.

​​

​

RTT
bottom of page