Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

ATLETIEK
Kompetisie is goed vir jou!
Atletiek is 'n versameling sportaktiwiteite wat mededingende hardloop, spring, gooi en loop insluit. Die klem val hier op die woord mededingend, of kompeterend. Atletiek dwing jou om jou beste te gee. Jy is heeltyd gefokus om te verbeter, om sterker te word, om aan te hou en om eerste te kom. Dit is belangrike eienskappe vir jou lewenspad vorentoe.
Om te wen, is natuurlik nie alles nie, maar die strewe na 'n beter weergawe van jouself is waarmee E.G. Jansen se atletiek jou wil help.
Fasiliteite:
-
Hoofveld met spreiligte (Atletiek en Rugby)