Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

SKOOLWAPEN & LEUSE
Skoolwapen
Die skildvel en gekruisde, vlagdraende assegaaie weerspieël die diversiteit van die land waarin ons woon terwyl die monument die geskiedenis, ideale en strewes van die Afrikaner verbeeld. Die opkomende son beloof nuwe uitdagings en geleenthede vir ons jeug en die arend met wydgestrekte vlerke stel ware vryheid en waaksaamheid voor.
Leuse
Die leuse van ons skool, ONS SAL HANDHAAF, is deur Dr. E.G. Jansen self gekies.
Daaronder verstaan ons dat ons:
- die ereplek aan God en Sy Woord in ons lewens gee;
- Christelike lewensbeginsels nastreef; en
- die vaste beginsel van ons taal en nasie handhaaf.
Erekode
'n Jansie
- Glo in God, as die Heerser oor alle volkere en nasies
- Handel volgens die reëls en waardes van sy skool en gemeenskap
- Anker sy geloof in God, sy volk en in homself
- is Nederig teenoor sy minderes en bedagsaam teenoor sy gelykes
- is Dankbaar vir sy talente en gawes
- is Hardwerkend, toegewyd en pligsgetrou
- Aspireer altyd na beter prestasies volgens sy vermoë
- Antwoord altyd positief op uitdagings
- Fokus doelbewus en met geloof op die toekoms
Moet sigbare bewys lewer van sy leuse: ONS SAL HANDHAAF