top of page

Interhoër 2020

Finale reëlings en itemlys vir Interhoër Atletiekbyeenkoms op 19 Februarie 2020: 1. Leerders kom gewone tyd skool toe. 2. Interhoër is by Ruimsig Stadion in Roodepoort. 3. Busse vertrek om 08:00 van die skool af en sal weer om 18:00 vanaf Roodepoort vertrek skool toe. Ons beoog om teen 20:00 terug te wees by Dr. E. G. Jansen. 4. Kleredrag: Gewone somerskooldrag. Truie kan ingepak word, maar ons wil graag geel op die pawiljoen vertoon. 5. Alle leerders kry 'n rugsakkie en hoedjie op die dag. Geen ander sakke of hoede mag saamgeneem word nie. 6. Onthou asseblief snoepiegeld, sonroom en water. 7. Belangrikste van als! Onthou om u kind se super Jansengees saam te stuur! Hiermee die itemlys vir Woensdag se Interhoër. Jansengroete. LF de Beer Hoof #Atletiek2020 #AtletiekByJansen #SuperGees #SuperJansen #Interhoër2020

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page