Civilpro Engineering Solutions PTY (Ltd) bied spesialisadvies- en ontwerpdienste aan. Hulle dienste wissel van grootskaalse grondwerke van nuut-beplande ontwikkelings, algemene siviele ingenieurswese, infrastruktuurontwikkeling, strukturele ontwerp en vooraf-vervaardigde ingenieurswese. Hulle nuutgestigte konstruksie- en projekbestuurafdeling bestaan uit 'n span met meer as 15 jaar ondervinding in die konstruksiebedryf. Deel van hierdie span bestaan uit vier oud-Jansie leerlinge: Coenraad Groenewald (Groep Uitvoerende Hoof), Justin Theron (Projekdirekteur-Konstruksie), Shaun Theron (Besturende Direkteur-Konstruksie) en Werner Booyens Projekingenieur (Konsulteerend). Kontak Civilpro Engineering Solutions PTY (Ltd) op 083 226 2567 / 010 123 4567 of via info@civilpros.co.za vir verdere navrae. http://www.civilpros.co.za/ https://web.facebook.com/civilpros/ Baie dankie aan Civilpro Engineering Solutions PTY (Ltd) vir die putjieborg bydrae tot E.G. Jansen se gholfdag. #BorgeIsBelangrik #CivilproEngineeringSolutions