HOKKIETOER VIR DIE GESKIEDENISBOEKE

Geskryf is deur Carona Viljoen.


Van stilsit gedurende die kort asemskep – eintlik ‘n sinoniem vir vakansie- wou hokkiespeelsters van DR. E.G.Jansen niks weet nie. Wat is nou lekkerder as ‘n toer-en-spanbou juis in hierdie tyd! Dit is ook sommer hier waar die dogters hulle skills geslyp het vir die komende seisoen. Noue bande is gevorm met spanmaats aangesien spansport samewerking verg en dit maar altyd die sleutel tot ‘n suksesvolle seisoen is. Die spanbou wat deur die NWU aangebied is, het nie teleurgestel nie en het tot oomblikke gelei wat vir lank onthou sal word en grappe sal ook nog gereeld gehoor word – maar moontlik nie oorvertel word nie, knik-knik!. Die speelsters het teruggekeer met nuwe selfvetroue en waagmoed.


As hokkiedogters is ons so dankbaar dat ons die geleentheid gehad het om op die toer te kon gaan en saam met die spelers van NWU te speel en by hulle te kon leer. Dit was ‘n besondere voorreg. .


Ons wil ook ons dank betuig aan elke onderwyser wat die tyd saam met ons meegemaak het en saam met ons die pad gestap het na ‘n sterker en beter weergawe van onsself. Ons is so dankbaar dat hulle genoeg geduld gehad het om ons reg te help waar ons foute gemaak het. Dit het beslis vrugte afgewerp.


En getrou aan enige ander toer was daar definitief 'pranks' getrek op sommige van die dogters – ons praat maar liewer nie oor die fynere besonderhede nie - van ons was gelukkig genoeg om liggies daarvan af te kom.


Ek wil graag aan al hokkiedogters en-afrigters dankie sê dat hulle dit die beste toer ooit gemaak het. Een vir die boeke. Een waaroor daar nog lank gegiggel gaan word. Julle weet mos, wat gebeur by ‘n toer…



0 comments

Recent Posts

See All