Nog hokkiespanne kwalifiseer vir die Noordvaal hokkiereeks!
Baie geluk aan die O/15- en O/16-hokkiedogters wat hulle staal gewys het en kwalifiseer vir die Noordvaal hokkiekompetisie! Die O/15-hokkiereeks word by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied en die O/16-hokkietoernooi in Ermelo by Hoërskool Ligbron. Beide toernooie vind plaas vanaf 8 tot 10 Augustus. E.G. Jansen is trots op elkeen van hulle. #Hokkie2019 #HokkieByJansen

