top of page

BELANGRIKE DATUMS VIR GRAAD 8'S


GROENTJIEKONSERT 2020 'n Baie belangrike geleentheid is ons groentjiekonsert. Hier steel die graad 8's elke jaar die kollig. Die groentjiekonsert vind plaas op Woensdag, 22 Januarie 2020 en Donderdag, 23 Januarie 2020. Weens praktiese redes versoek ons dat gr. 8A1 tot gr. 8A4 se ouers en belangstellendes Woensdag die vertoning bywoon. Gr. 8A5 tot gr. 8A8 se ouers en belangstellendes kry dan Donderdag die geleentheid om die konsert by te woon. SKEDULE: Oefeninge: Woensdag, 15 Januarie 2020, 14:00 - 16:15 Donderdag, 16 Januarie 2020, 14:00 - 16:15 Vrydag, 17 Januarie 2020, 14:00 - 16:50 Kleedrepetisie: Maandag, 20 Januarie 2020, 17:00 - 21:00 Dinsdag, 21 Januare 2020, 17:00 - 21:00 Groentjiekonsert : Woensdag. 22 Januarie 2020, 18:00 - 21:00 Donderdag, 23 Januarie 2020, 18:00 - 21:00 Groentjiekonsert vir die res van die skool: Vrydag, 24 Januarie 2020 tydens skooltyd Woensdagaand en Donderdagaand moet alle gr 8's reeds om 18:00 by die skool wees. Die kaartjies vir die groentjiekonsert sal vanaf Vrydag, 17 Januarie by die skool beskikbaar wees teen R40 per persoon. Kaartjieverkope vind plaas tydens skoolure by die voorportaaltoonbank. Ander belangrike datums (onderhewig aan verandering): * Atletiekuitdunne ( tydens skoolure) - 17 Januarie 2020 * Huissport (tydens skoolure) - 21 Januarie 2020 * Gr. 8-inligtingsaand - 27 Januarie 2020 Jansengroete. #Graad8s2020 #WelkomByJansen

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page