top of page

VIDEO: Laerskool Concordia wen ‘Die Jansen Bom’-uitdaging


- Tayla Smit, Boksburg Advertiser Concordia het bewys dat hul gereed is vir die wedren na hul toekoms. Laerskool Concordia is onlangs as #DieSkoolMetDieMeesteGees op Radio Jacaranda tydens Martin Bester se besoek aan Hoërskool Dr EG Jansen aangewys. Tydens Jansen se bemarkingsweke het hulle laerskole Baanbreker, Concordia, Die President, Elspark, Goudrand, Jan van Riebeeck, Oosterkruin, Môrewag, l Westwood en Witfield besoek en het hulle uitgedaag om die “Jansen Bom” kreet te doen. Die Jansies het met die hulp van DigiTV ’n video geneem van elke laerskool wat “Die Jansen Bom”-uitdaging tydens EG Jansen se besoek voltooi het. Die publiek kon na die video op DigiTV gaan kyk en kon vir hul gunsteling skool stem deur die video op Facebook te gaan ‘like’. Laerskool Concordia het ook ’n skootrekenaar en drukker gewen wat met trost deur HomeCorp geborg is. Concordia se stemme was goed geoefen en hulle het die meeste stemme gekry en is as die wenners aangewys. Marthinus Claassen, die waarnemende hoof van Laerskool Concordia en die hoofleiers Pieter Möller en Angie Strydom is trots om hul skootrekenaar en drukker te ontvang, geborg deur Home Corp South Africa van Leon de Beer, die hoof van Hoërskool Dr EG Jansen, nadat hulle tydens Martin Bester se besoek aan E.G. Jansen as #DieSkoolMetDieBesteGees aangewys is.

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page