top of page

O, DIE BUSSE IS ‘N WONDERLIKE DING


DEUR KERRY-ANNE BEETGE EN EWALD JANSE VAN RENSBURG


Ons haal ons hoede af vir die busbestuurders van Hoërskool dr EG Jansen! Hulle staan soggens om 4 uur op om ons leerlinge op te tel en vertrek weer om 4 uur in die middag van die skool af om al ons kinders veilig huis toe te neem. Daarna arriveer hulle self eers na 6 uur saans by ul eie huise. Dit,is nie vir sussies nie! Hulle wei basies hulle lewens aan die leerders wat moet bus ry en om hulle veilig by die skool en by die huis te kry. Vir die wat nie weet nie, so lyk Dr EG Jansen se busskedule in die middae:

Maandae, DInsdae en Donderdae - 16:00

Woensdag - 15:30

Vrydag - 14:30

Het jy al gehoor van die bus wat n deuntjie speel as hy in trurat ry, of het jy dalk self die deuntjie gehoor? Nou ja, daardie wysie sê vir ons, wat bus ry: ‘Vat jou goed en trek Ferreria’ en volg die roete oor berge en dale om by jou huis te kom…Ek hoor die deuntjie, so fluit fluit, my storie is uit!

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page