top of page

BOBAASKOKKE


DEUR KERRY-ANNE BEETGE EN EWALD JANSE VAN RENSBURG


Hoërskool Dr. E.G. Jansen se graad 11-gasvryheidsleerders het op 30 en 31 Augustus 2022 hulle eerste “Restaurantaand” gehad. Hier het hulle, hul gasvryheid en kulinêre vaardighede uitgebeeld, deur kokke en kelners te “speel”. Hulle het ons verwagtinge oortref deur vir ons ‘n asemrowende spyskaart voor te berei. Van pinkie-in-die-lig spinasiesop tot heerlike hoenderdye met ń sampioen en basielkruidsous en vir ‘n soetproppie op die heerlike maatyd- smaaklike ‘Crêpe Suzette’ om alles mee af te sluit! Daar was 2 verskillende temas op die twee verskillende aande: 30 Augustus was die tema ‘Casino’ en 31 Augustus was dit ‘Plaasjapie’. Die leerders wat gekook, georganiseer en bedien het, het hulself behoorlik van hul taak gekwyt om van die twee aande ‘n reusesukses maak! Bon appetit!











0 comments

Recent Posts

See All

O, DIE BUSSE IS ‘N WONDERLIKE DING

DEUR KERRY-ANNE BEETGE EN EWALD JANSE VAN RENSBURG Ons haal ons hoede af vir die busbestuurders van Hoërskool dr EG Jansen! Hulle staan soggens om 4 uur op om ons leerlinge op te tel en vertrek weer

bottom of page