top of page

DIE “SIRKUS” VAN 2022



Deur Kyra Pratt


Hierdie jaar se Jansenraad -“sirkus” het oor drie dae plaasgevind en die voornemende Jansenraadslede het hulself aan die skool bekend gestel. Vanaf woordspeling in bekende liedere, tot beloftes om die skool as ‘n geheel te verbeter het elkeen iets aan die leerders voorgehou of selfs gesing om hopelike later ‘n stem of twee te werf.


Daar was in totaal 92 Graad 11-leerders, 42 seuns en 50 meisies, wat aansoek gedoen het om tot die Jansenraad vir 2023 verkies te word.


Met bewende bene en hande wat vroetel, het elkeen vir die skool vertel waarom hulle ‘n goeie leier vir die skool sal wees. Slegs die senior studente was die geleentheid gegun om vir hul gunsteling kandidate te stem, asook vir wie hul dink die skool die beste as hoof- en onderhoofleiers sal kan dien.


Die stemme is in ‘n rekord tyd getel en in ‘n oogwink is die Jansenraadslede van 2023 aan die skool bekendgestel. Dit was ‘n onvergeetlike oomblik vir ieder en elk! Die nuutgekose Jansenraad vertrek die naweek van 9-11 September 2022 op die Jansenraadkamp. Sterkte!




0 comments

Recent Posts

See All

O, DIE BUSSE IS ‘N WONDERLIKE DING

DEUR KERRY-ANNE BEETGE EN EWALD JANSE VAN RENSBURG Ons haal ons hoede af vir die busbestuurders van Hoërskool dr EG Jansen! Hulle staan soggens om 4 uur op om ons leerlinge op te tel en vertrek weer

bottom of page