top of page

Hoërskool Dr. E.G. Jansen VCSV Bybelete


Vandeesjaar het Jansen se VCSV weer ‘n Bybelete gehou op 10 April 2019 in die skoolsaal, met die sjarmante en beminlike Serenade as gaskunstenaars en vir Sunel Gilliland, wat ons vermaak het met haar skerp humor en “engelstem”. Met die begin van ons Bybeletes, was ons bevoorreg om Hykie Berg as gasspreker te ontvang en in 2018 vir Jo Black. Dié Bybeletes word gehou met ‘n groter doel – om geld in te samel vir leerders, wat met die Winkelspruit-seekamp wil gaan, maar dit nie kan bekostig nie. Die tema van hierdie jaar se Bybelete was “Liefde”. Ds Barry Fourie het die Tien Gebooie in Eksodus 20, openbaarlik opgedeel as Liefde vir God en Liefde vir mense en die eenvoudigheid daarvan spreek van hoe maklik God dit vir ons maak om lief te hê – want Hy is die een wat ons eerste liefgehad het. Baie dankie aan elke gasvrou wat soveel moeite gedoen het met hulle tafels en gaste. Julle maak grootliks deel uit die sukses van die aand. Baie dankie ook aan on VCSV-leiers, wat in die kombuis gehelp het, agter die gordyne, voor die gordyne – julle baan die pad vorentoe. Hierdie aand was inderdaad ‘n hoogtepunt op ons VCSV se kalender. #VCSV2019 #BybelEte

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page