top of page

Boks: Nuus van 'n kampioen


Cayden Webb (Truter) is die nuwe en nou "two time" onoorwone SA-liggewig amateur bokskampioen vir sy gewigsgroep in die jeugkategorie van 60kg.

Hy is onoorwone hierdie jaar met n rekord van 21 wedstryd gewen en geen verlore. Hy was 2017 SA-amateur bantam gewigkampioen en nou 2018 se nuwe liggewig kampioen nadat hy een gewigsgroep opgegaan het. Dit het plaasgevind van die 2 - 7 Oktober 2018 2018 in Malamulele, Limpopo. Hy het 3 moeilike gevegte gehad, die eerste een in die kwart-finaal was teen die huidige kampioen van daardie gewig en hy het op 5-0 met 'n eenparige beslissing gewen. Hy het sy tweede geveg in die semi-finaal met n uitklophou gewen in die eerste rondte. In die finaal het hy met 'n 4-1 beslissing gewen teen n opponent wat vroeër die jaar aan die Amateur World Youth Boxing Championships deelgeneem het. Cayden word dan gekroon as die nuwe 2018 SA-liggewig amateur bokskampioen. #Boks2018 #JansenIsTrots

0 comments

Recent Posts

See All

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: navrae@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle
  • Twitter - White Circle
  • Instagram - White Circle

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg 97,
Boksburg-Wes
1459

 

GPS Koördinate: S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2021 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen.

bottom of page