top of page

Kloklui: Matrieks


Dis weer tyd om die klok te lui... dis tyd vir die matrieks om totsiens te sê na twaalf jaar van skool. Die kuikens het arende geword en nou lê die pad van die toekoms vir elkeen van hulle en wag. E.G. Jansen gaan hulle mis. Hulle was deel van Jansen se verhaal, van die skool se storie. "Ons hoop is dat elkeen van 2018 se matrikulante hulle toekoms en geleenthede ten volle sal benut. Dat hulle ver bo hulle verwagtinge sal presteer en dat hulle altyd sal onthou dat hulle waardevol is...." Jesaja 40: 31: "Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie, en sy insig is ondergrondelik. Hy gee die vermoeides krag. Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val. Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop, en raak nie afgemat nie…"

Fotograaf: Albertha Els... baie dankie die foto's is pragtig! Vir nog foto's KLIEK HIER

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page