top of page

ATLETIEK STERRE BY EG JANSEN


Hoërskool Dr E.G. Jansen is met reg trots op drie van ons dogtersatlete wie se harde werk op die atletiekveld beloon is toe hulle gekies is vir die Gauteng Atletiekspan wat die afgelope vakansie in Durban aan die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe deelgeneem het.

Veruschka Woest , wat nog maar 16 is, het aan die Dogters 0/17 100m, 200m en aflos deelgeneem en ‘n goue medalje in die aflos-item gekry. Sy het ook ‘n 6de plek in die 100m (in ‘n tyd van 12,24 sekondes) en ‘n 5de plek in die 200m (in ‘n tyd van 25,4 sekondes) losgehardloop.

Nanel Philipson het aan die dogters 0/19 hamergooi en diskusgooi deelgeneem en onderskeidelik ‘n 6de plek (36,48m) en 11de plek (31,09m) ingepalm.

Simoné van der Nest het aan die Dogters 0/19, 100m, 200m en aflos deelgeneem. Sy was een van die uitstaande dogtersatlete tydens die kampioenskappe. Simoné het goue medaljes in al drie haar items verower! Haar 100m en 200m tye was onderskeidelik 11,93 (100m) en 24,11 (200m). Simoné het ook vir Sentraal-Gauteng aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Sy het weer goud in die 100m (12,32 sekondes) en 200m (25,24 sekondes) vir vrouens 0/20 verower.

‘n Blink toekoms wag op hierdie atlete!

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page