top of page

HENK TOP BLINK UIT AS OPVOEDER TEN SPYTE VAN UITDAGINGS

Die volgende inspirerende berig is geplaas in die Boksburg Advertiser:


- February 19, 2020, Boksburg Advertiser


Hy bied ook Ingenieursgrafika en Ontwerp en Siviele Tegnologie by EG Jansen aan.

Henk Top van Hoërskool Dr EG Jansen is onlangs by die Ekurhuleni-Suid se 2019-matriekprysuitdeling vereer.


Ten spyte van ’n moeilike jaar het Henk Top van Hoërskool Dr EG Jansen daarin geslaag om die toekenning vir die opvoeder met die beste resultate in siviele tegnologie by die Ekurhuleni-Suid se 2019-matriekprysuitdeling in te palm.


Die prysuitdeling het op 6 Februarie by Alberton Civic Centre plaasgevind.


Die ervare onderwyser van die spogskool het verduidelik dat die Departement van Onderwys jaarliks leerders en onderwysers vir hul prestasies in die matriekeksamen vereer.


Skole wat ook in hierdie streek val is onder andere Nigel, Alberton, Katlehong en Kempton Park.


Hy beklemtoon dat hy die toekenning verower het omdat sy gemiddeld (69%/persent) vir siviele tegnologie konstruksie die hoogste in die distik was.


“Ek voel baie trots op my leerders wat so hard gewerk het. Die gemiddeld was ook die hoogste gemiddeld van al die vakke by EG Jansen. Die top leerder in dié vak, Vinette Joubert, is ook een van my leerders.


“Ek het geweet ons staan ’n kans aangesien ek ’n puik en hardwerkende groep leerders gehad het.


“Op twee vorige geleenthede het leerders van my die top leerling toekenning gekry en ek was verlede jaar tweede met 1%,” vertel Top wat nou ongeveer 30 jaar skoolhou.


Hy vertel dat 2020 ’n uitdagende jaar vir hom was.

“Die grootste uitdaging wat ek oorkom het was dat my vrou vanaf Meimaand sterwend gelê het met kanker en in Augustus verlede jaar oorlede is. Ek het staande gebly deur te bly glo en vertrou in die Here se genade deur alles.


“Daar is altyd ruimte vir verbetering want ons mikpunt vir hierdie jaar is 75 per sent gemiddeld. My raad aan die klas van 2020 is dat daar geen kortpad na sukses is nie, maar net harde werk.


“As jy genoeg selfdissipline het en jy volhard is die vrugte wat jy pluk baie meer as die moeite werd,” voeg die talentvolle Top by.


https://boksburgadvertiser.co.za/360695/henk-top-blink-uit-ten-spyte-van-uitdagings/





0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page