top of page

Goeie dag, almal

2020, wat ‘n jaar! En dis skaars April!


Nooit het enige iemand verwag dat ‘n virus alles so op sy kop gaan draai nie! Maar dit het! WAT NOU? Almal is onseker oor wat gaan gebeur. Gaan die ’lockdown’ verleng word? Gaan ek matriek kan klaarmaak hierdie jaar? Gaan daar ‘n matriekafskeid wees? Gaan daar enige rugby, netbal of hokkie hierdie seisoen wees?


Ons splinternuwe kuikens is verward, dit is mos nou nie wat hulle vir hierdie jaar beplan of verwag het nie! Daar is soveel vrae en en sover GEEN antwoorde.


In die tyd wat ek by Dr. E.G.Jansen betrokke is, het ek die skool, sy onderwysers en leerders leer ken as hardwerkend en doelgerig. Maar seker die mooiste eienskap van ‘n Jansie is die feit dat ons so ‘resilient’ (die Engelse woord beskryf dit so mooi), is! As skool het ons al vele beproewings moes deurmaak en elke keer het ons bo uitgekom. Dít maak van H/s Dr. E. G. Jansen iets báie besonders! Die gemeenskap het nou, meer as ooit, nodig dat Dr. E.G.Jansen leiding neem en sterk staan, want dit is wat ‘n Jansie doen.


Ek wil vandag vir elke onderwyser, elke leerder en elke Jansie-ouer verseker dat u in goeie hande is! As beheerliggaam en die dagbestuur van die skool, is ons kliphard aan die werk agter die skerms om te verseker dat dinge glad verloop.


Saam met my span en die dagbestuur van die skool, wil ek u verseker dat ALLES klopdisselboom sal wees, maar dat dit taai gaan wees, is ‘n werklikheid! Dat ons ook hierdeur sal kom, is ook ‘n FEIT!


Van my kant af , moenie bang wees nie, paniekerig raak nie, ALLES sal OK wees!


Gedurende hierdie tyd, spandeer kwaliteit tyd saam met jou kinders, jou ouers, broer of suster, ouma of oupa. Hierdie is net nog ‘n bewys van hoe vining dinge kan verander. Wees deel van die positiewe verandering!


As daar erge nood is, moenie skroom om ons te kontak nie, ons kan dalk nie altyd self help nie, maar kan u dalk net in die regte rigting stuur.


Aan elke onderwyser, leerder en ouer, pas julself asseblief mooi op, julle is almal kosbaar vir ons!


Moenie op moed verloor se vlakte gaan sit nie, ons is daar vir julle.


Ons sien mekaar sommer gou weer.


“ONS SAL HANDHAAF!”


Groete.

Bennie Piek

Voorsitter



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page