top of page

DIE JANSEN BOM

Updated: Jan 31, 2022

deur Chardonnay du Toit

Hy kom, hy kom…Die Jansen Bom! Teen die muur by die hokievelde pronk hierdie kunswerk.

Ek het die voorreg gehad om met die kunstenaar agter die muurpaneel te gesels: Shané Rossouw! Hierdie gr.11-leerling is ‘n kreatiewe dier en het in 2018 en 2019 Vuvumotion animasieklasse bygewoon wat gewoonlik na ure by EG Jansen deur Erentia Bedeker aangebied is . Sy het ook in Desember 2019 ‘n 10 dae kursus: Canvas Academy by "The Ainimation School" in Randburg bygewoon. Shané sê dat sy baie lief daarvoor is om animasie soos die tekening op die muur te verf. Ek meen watter kind hou nou nie van op mure teken nie? Sy het voorheen aan die Eisteddfod Kompetisie deelgeneem waar sy eerste en tweede plek gekry het. Sy het ook aan "The animatiom School" se kompetisie deelgeneem.

Dankie vir al jou moeite, tyd en jou talent wat jy met ons deel! Hier by Jansen kan jy floreer - as ‘n sportster of ‘n kunstenaar - Elkeen vorm deel

van die Jansenfamilie!



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page