By EG Praat ons saam!
Berig deur Kimé Steenkamp
Die Gr. 11-Redenaarspan van Dr EG Jansen hoef mens nie om te praat…… om te praat nie. En wat die hart van vol is loop die mond van oor. Daarom is ons trots om te sê dat die Gr. 11-Jansie Redenaarspan die wenners is van die ATKV se Digispanpraat 2021 vir Graad 11. Vianette de Kock, Kimé Steenkamp en Joanique du Toit het soos meisies maar doen, ‘n hond uit ‘n bos gepraat en Ruan Tredoux het ook nie op hom laat wag nie.
Jansen is Trots op die Gr11-span. Julle het ons naam hoog-gepraat , ag ek bedoel hooggehou.
