Akademie

Jou keuse vir Akademiese Uitnemendheid!

Kom sluit aan by die skool waar akademie no.1 is.

Sukses

Sukses is iets wat jy self behaal. Dit beteken werk wanneer almal rus, aan te hou en uit te hou, altyd te streef na beter. Ons skool is nie foutloos en sonder probleme nie. Jansen bied egter onbeperkte geleenthede en deur toewyding, harde werk en ‘n verantwoordelikheidsin, kan elkeen hom of haar bekwaam vir die beroepslewe, sy of haar lewenskennis verbreed en terselfdetyd deel wees van die opwinding van kindwees. Wie jy ookal is, sukses is binne jou bereik. Die regte pad na jou toekoms loop deur die Hoërskool Dr. E.G. Jansen.

Prestasies

Die hoogste premie word op akademiese uitnemendheid geplaas. Ons poog om leerlinge se individuele vakkombinasie te akkommodeer en streef doelgerig na die optimale akademiese prestasie van elke leerling. Sodoende kan elke leerder:

  • ‘n positiewe selfbeeld ontwikkel
  • kreatief en krities leer dink
  • probleme identifiseer en oplos
  • effektief leer kommunikeer
  • leierskaps- en entrepreneurskapvaardighede aanleer; en
  • volledig menswees.

KIES JOU VAKKE REG!

Vakkeuse Graad 8 – 9

Vakkeuse Graad 10 – 12

Waaroor gaan die vakke?  (word tans opgedatteer!)

Kuns en Kultuur (Gr 8 – 9)

Verbruikersdienste (Gr 8 – 9)

Inligtingstegnologie – IT (Gr 10 – 12)

Rekenaartoepassingstegnologie – RTT (Gr 10 – 12)

.

No comments yet.

Leave a Reply

WP-Backgrounds Lite by InoPlugs Web Design and Juwelier Schönmann 1010 Wien