top of page
Untitled design (15)_edited.jpg

Sedert ons stigting in 1955, bied die Hoërskool Dr. E. G. Jansen ‘n koesterende en innoverende omgewing vir leerders om beleefde, vrymoedige burgers en besorgde, begeesterde leiers te word. Ons as leerkragte se roeping is om hulle vir die uitdagings van die toekoms voor te berei. Ons baan voortdurend nuwe weë vir ons leerders om opwindende leergeleenthede te ondersoek.

By Jansen is daar ‘n gesonde klem op beide kurrikulêre en buite-kurrikulêre programme. Om ons leerders te ontwikkel om uitstaande en gebalanseerde individue te word, volg ons ‘n leerdergesentreerde benadering, integreer ons hoë-orde denkvaardighede en bied ons vele geleenthede vir leerders om deur samewerking te leer.

Ons leerders se voorbereiding om verantwoordelike lede van die gemeenskap te word, verg ‘n sterk klem op die ontwikkeling van karakter, uitnemendheid, spanwerk en leierskappotensiaal. Bogenoemde word moontlik gemaak deur die heelhartige insette van ons toegewyde en talentvolle onderwysers wat voortdurend nuwe maniere vind om ‘n passie vir leer en die lewe by ons leerders te kweek.​

VOORWOORD VAN HOOF

Arend Jansen (3).png
Jansen se leerervaring bemagtig hulle.
bottom of page