top of page
Untitled design (15)_edited.jpg

Op 6 Februarie 2017 het 'n nuwe tradisie by Hoërskool Dr. E.G. Jansen begin. n die voortuin van die skool is daar 'n seremoniële klok opgerig wat 'n skagtoring en koekepan uitbeeld as deel van Boksburg se verlede as myndorp. ​

Die lui van die klok maak elke begin van die jaar die nuwe graad agts amptelik deel van die skool en dui ook die begin van hulle "skof" aan.

Frik Coetzee was die eerste Graad Agt om die klok te lui. Sy pa, Frikkie Coetzee, is die terreinbestuurder by die skool.

Pieter Coetzee, Frik se broer, het in 2014 by die skool gematrikuleer en het die mynskag ontwerp.

Aan die einde van elke jaar lui die graad twaalfs die klok om hulle "skof" by die skool af te sluit.

KLOKLUITRADISIE

Arend Jansen (3).png
Hoe het die tradisie begin
bottom of page