top of page

GRAAD 8's 2022

Briewe en Vorms

Kliek om dokumente af te laai:

Kamp Betalings.JPG

Voltooi ook  asseblief  die vrywaringsvorm hierby aangeheg. U kan dit persoonlik voor 30 November 2018 by die skool kom afgee/ epos /  faks.

Eposadres: epos@egjansen.co.za / algemeen@egjansen.co.za  / Faksnommer: 011 826 4015

2. GROENTJIEKONSERT 2019

Die volgende belangrike geleentheid is ons groentjiekonsert. Hier steel die graad agts elke jaar die kollig.

 

Die groentjiekonsert vind plaas op Woensdag, 16 Januarie 2019 en Donderdag, 17 Januarie 2019.

 

Weens praktiese redes versoek ons dat Gr 8 A1 tot Gr 8 A4 se ouers en belangstellendes Woensdagaand die vertoning bywoon. Gr 8 A5 tot Gr 8 A7  se ouers en belangstellendes kry dan Donderdagaand die geleentheid om die konsert by te woon.

SKEDULE:

Groentjiekonsert Skedule.JPG

Woensdagaand en Donderdagaand moet alle Graad Agts reeds om 18:00 by die skool wees.

Die kaartjies sal vanaf Vrydag, 11 Januarie 2019 by die skool beskikbaar wees teen R40-00 per persoon. Kaartjieverkope is tydens skoolure  by die voorportaaltoonbank.

3. Ander belangrike datums: ( onderhewig aan verandering)

Graad 8 - braai: 10 Januarie 2019

Atletiekuitdunne (tydens skoolure): 11 Januarie 2019

Huissport (tydens skoolure): 15 Januarie 2019

Gr.8 – Inligtingsaand: 21 Januarie 2019

4. Skryfbehoeftes vir 2019

Blou Penne

B4, B5 of B6 gryspotlood

Skerpmaker

Uitveër

Skêr

Gom

Swart merkpen (dunpunt)

Kokis ("Fibre tip" pen)

Inkleurpotlode

Vetkryte of pastelle

Wiskundestel (Gradeboog, passer en tekenhoeke)

Sakrekenaar (Casio fx-82ZA Plus)

Liniaal

Baie dankie vir al u geduld, verdraagsaamheid en ondersteuning. Ons waardeer dit opreg!

Skakel ons gerus indien u enige navrae het.

Jansengroete

INLIGTING

Voornemende ouers en graad 8's van 2019.

Baie welkom as ‘n nuwe graad 8 – ouer/ voog by Dr. E.G.Jansen. Dankie vir die geleentheid wat u u kind gee om deel  te wees van ‘n spogskool.

Graag gee ons die volgende praktiese reëlings  vir 2019 deur:

1. GRAAD 8 – KAMP

 

Die kamp vind vanaf Maandag, 7 Januarie tot en met Woensdag, 9 Januarie 2019 by Kwalata Wildsplaas (naby Hammanskraal) plaas. Aangeheg sal u ook ‘n kampbenodighede – lys en ‘n vrywaringsvorm vind.

 

Die graad 8’s moet 7 Januarie 2019 reeds om 7:00 aanmeld by Dr. E.G.Jansen se skoolsaal.

 

Waarom is dit ‘n goeie besluit om u kind op die kamp te laat gaan:

 

Hier kry ons Jansieraad die geleentheid om nou saam met die graad agt leerlinge te werk om hulle voor te bereivir die hoërskool.

 

Die onkoste vir die kamp beloop R650 – 00 (kamp, vervoer en T-Hemp) per leerling.

Hier is ‘n paar praktiese opsies vir die betaal van die kampgelde.​

Gr. 8 Nuus
Laai ons D6 Kommunikeerder
hier af...
 
Al ons Nuus,
Elke Dag
JANSEN
TABLETTE
ALLES WAT JY
MOET WEET

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: navrae@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle
  • Twitter - White Circle
  • Instagram - White Circle

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg 97,
Boksburg-Wes
1459

 

GPS Koördinate: S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2021 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen.

bottom of page