Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

Sa. 25 Jul.
|VIRTUELE RESIE - Hoërskool Dr. E. G. Jansen
Hoërskool Dr. E. G. Jansen VIRTUELE RESIES
Hoërskool Dr. E. G. Jansen bied ons eerste VIRTUELE RESIES regoor die land aan. Reis slegs teen die klok en jou GPS.
Tyd en Plek:
25 Jul. 2020 06:00 SAST – 26 Jul. 2020 18:00 SAST
VIRTUELE RESIE - Hoërskool Dr. E. G. Jansen
Meer Inligting:
Hoërskool Dr. E. G. Jansen VIRTUELE RESIES is 'n gemeenskap gefokusde geleentheid oop vir ALLE deelneemers van ALLE ouderdomme. Ons glo fiksheid is 'n lewenswyse, nie net 'n lys van doelwitte om te bereik nie en daarom is ons resies oop vir almal - nie net atlete of die fikse individue.
Besoek ons webtuiste en vind uit hoe om deel te neem. 'n Virtuele resies is 'n resies waaraan jy alleen deelneem. Al wat jy nodig het is 'n GPS-horlosie of toepassing op jou selfoon. Jy kan enige tyd die resies doen solank dit binne ons gegewe datums val en jou uitslae elektronies inhandig.