Dr. E.G. Jansen

Apr 25, 2019

REGISTREER op 13 MEI 2019 vir die 2020-skooljaar.

Aanlynregistrasie Graad 8 leerders begin op 13 Mei 2019 (Registrasies open om 08:00) en sluit weer op 15 Julie 2019. E.G. Jansen moedig alle ouers aan om op 13 Mei hul kinders te registreer om teleurstelling te voorkom.
 

 

 
Webtuiste: gdeadmissions.gov.za.
 

 

 
Neem skermskote en druk dit uit sodat u ’n volledige papierspoor as bewys van u kind se registrasie het.
 

 

 
Sodra u ’n SMS ontvang, moet die nodige dokumentasie (indien nie elektronies opgelaai nie) onmiddellik vir bevestiging na die skool geneem word.
 

 

 
Dokumentasie wat benodig word:
 

 
1. Geboortesertifikaat van kind(ers);
 

 
2. Immunisasiekaart;
 

 
3. Oorplasingsbrief, indien leerder van ’n ander provinsie na Gauteng verhuis;
 

 
4. Jongste skoolrapport; en
 

 
5. Geldige studiepermit, soos uitgereik deur die departement van binnelandse sake, indien die leerder van die buiteland afkomstig is.
 

 

 
Indien u op 13 Mei 2019 probleme met die registrasieproses ervaar:
 

 

 
Stuur ’n gedetailleerde e-pos met skermskote van die registrasieproses na gdeinfo@gauteng.gov.za en CC onderwys@afriforum.co.za
 

 

 
Skakel: 080 0000 789 of 011 355 0000
 

 

 
Vir verdere navrae kontak Daleen Els:
 

 

 
Tel: (011) 826 1538/9
 

 
Faks: (O11) 823 2139
 

 
E-pos: navrae@egjansen.co.za

#Graad8 #Opedag #Registrasies #ALGEMEEN

    0