Dr. E.G. Jansen

Oct 24, 2018

Boks: Nuus van 'n kampioen

Cayden Webb (Truter) is die nuwe en nou "two time" onoorwone SA-liggewig amateur bokskampioen vir sy gewigsgroep in die jeugkategorie van 60kg.

Hy is onoorwone hierdie jaar met n rekord van 21 wedstryd gewen en geen verlore.
 

 

 
Hy was 2017 SA-amateur bantam gewigkampioen en nou 2018 se nuwe liggewig kampioen nadat hy een gewigsgroep opgegaan het. Dit het plaasgevind van die 2 - 7 Oktober 2018 2018 in Malamulele, Limpopo.
 

 

 
Hy het 3 moeilike gevegte gehad, die eerste een in die kwart-finaal was teen die huidige kampioen van daardie gewig en hy het op 5-0 met 'n eenparige beslissing gewen.
 

 

 
Hy het sy tweede geveg in die semi-finaal met n uitklophou gewen in die eerste rondte.
 

 

 
In die finaal het hy met 'n 4-1 beslissing gewen teen n opponent wat vroeër die jaar aan die Amateur World Youth Boxing Championships deelgeneem het. Cayden word dan gekroon as die nuwe 2018 SA-liggewig amateur bokskampioen.
 

 

 
#Boks2018 #JansenIsTrots

#Boks #Sport

    0