Dr. E.G. Jansen

Oct 24, 2019

Brief van leerling aan juffrou Lynette Nel:

Me. Lynette Nel se toestand is steeds kritiek. Sy is voortdurend in EGJ se gedagtes en gebede. Een van EGJ se leerlinge het 'n briefie aan haar gerig:
 

 

 
Liewe juffrou L. Nel
 

 

 
Juffrou gaan seker nie die brief lees nie, maar as juffrou dit lees, sal ek baie bly wees want dan beteken dit juffrou word vinnig gesond.
 

 

 
Juffrou weet mos ek is nie iemand wat regtig daarvan hou om te skryf nie, maar ek sal dit altyd doen vir juffrou. Juffrou weet mos my pa wou nie hê dat ek vakke moet verander nie. Hy het my nou toegelaat om IGO te los en te vat wat ek wil. Dis alles te danke aan juffrou. As juffrou my nie raad gegee het oor wat ek moet doen nie, sou ek nog steeds IGO gehad het.
 

 

 
Nou is ek hier vir juffrou. Juffrou is die beste juffrou in E.G. Jansen. Ek is baie lief vir juffrou en sal altyd daar wees vir juffrou. Ek hoop juffrou word vinnig gesond want wie gaan ook so "amazing" wees soos juffrou!
 

 

 
Liefde
 

 
Kenneth Hart

#Personeel #ALGEMEEN

    0