Dr. E.G. Jansen

May 9, 2019

PRESTIGE AFLOSBYEENKOMS

Hiermee die finale reëlings rondom ons aflosbyeenkoms op Vrydag, 10 Mei 2019.
 

 

 
 Spanne bestaan uit 4 lede per span;
 

 
 Plakkers sal aan elke skool gegee word op die dag;
 

 
 Elke spanmaat sal ‘n plakker ontvang waarmee hy/sy sal deelneem op die dag;
 

 
 Die 4e atleet per span se plakker sal ‘n ander kleur wees om die laaste rondte van die wedloop aan te dui;
 

 
 ‘n 4 x 1.7km afgebakende roete sal op die dag gehardloop word;
 

 
 Ouderdomgroepe bestaan uit 0/11, 0/13, 0/15 en 0/19 (dogters en seuns);
 

 
 Onbeperkte spanne per skool is welkom, ons sal ook gemengde spanne op die dag maak vir ekstra kinders sodat hulle kan deelneem. Hulle sal nie in rekening kan kom vir medaljes indien hul ‘n plek hardloop nie;
 

 
 Medaljes word aan die top 3 A-spanne per afdeling oorhandig;
 

 
 Daar sal ‘n prysuitdeling na afloop van elke wedloop plaasvind; en
 

 
 Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees op die dag.
 

 

 
Kostes:
 

 

 
 Kostes beloop R300 per skool, ongeag die hoeveelheid spanne wat inskryf;
 

 
 Betalings sal tot en met die 10e Mei (dag van byeekoms) aanvaar word; en
 

 
 Elektroniese betalings kan gemaak word aan:
 

 

 
Hoërskool Dr. E.G. Jansen
 

 
ABSA Eastlands
 

 
Takkode: 632005
 

 
Rek no: 230390126
 

 
Verw: Naam van skool + EG Landloop
 

 

 
Program:
 

 

 
Die uitleg van die program het verander a.g.v. provinsiale hokkieproewe wat ook op die dag plaasvind. Hiermee die finale program:
 

 

 
12:30 – 13:00 Spanbestuurdersvergadering in die Hotelskool
 

 
13:15 – 13:30 Opening vir atlete
 

 
13:30 – 14:00 0/19 Dogters 4x1.7km
 

 
14:00 – 14:30 0/15 Dogters 4x1.7km
 

 
14:00 – 15:00 0/11 Dogters 4x1.7km
 

 
15:00 – 15:30 0/11 Seuns 4x1.7km
 

 
15:30 – 16:00 0/13 Dogters 4x1.7km
 

 
16:00 – 16:30 0/13 Seuns 4x1.7km
 

 
16:30 – 17:00 0/15 Seuns 4x1.7km
 

 
17:00 – 17:30 0/19 Seuns 4x1.7km
 

 

 
Vir enige navrae in verband met die byeenkoms, skakel gerus ons atletiekorganiseerder mev. T de Villiers op 061 195 6329.
 

 

 
Jansengroete

#Landloop #Sport

    0