top of page

PRESTIGE AFLOSBYEENKOMS


Hiermee die finale reëlings rondom ons aflosbyeenkoms op Vrydag, 10 Mei 2019.  Spanne bestaan uit 4 lede per span;  Plakkers sal aan elke skool gegee word op die dag;  Elke spanmaat sal ‘n plakker ontvang waarmee hy/sy sal deelneem op die dag;  Die 4e atleet per span se plakker sal ‘n ander kleur wees om die laaste rondte van die wedloop aan te dui;  ‘n 4 x 1.7km afgebakende roete sal op die dag gehardloop word;  Ouderdomgroepe bestaan uit 0/11, 0/13, 0/15 en 0/19 (dogters en seuns);  Onbeperkte spanne per skool is welkom, ons sal ook gemengde spanne op die dag maak vir ekstra kinders sodat hulle kan deelneem. Hulle sal nie in rekening kan kom vir medaljes indien hul ‘n plek hardloop nie;  Medaljes word aan die top 3 A-spanne per afdeling oorhandig;  Daar sal ‘n prysuitdeling na afloop van elke wedloop plaasvind; en  Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees op die dag. Kostes:  Kostes beloop R300 per skool, ongeag die hoeveelheid spanne wat inskryf;  Betalings sal tot en met die 10e Mei (dag van byeekoms) aanvaar word; en  Elektroniese betalings kan gemaak word aan: Hoërskool Dr. E.G. Jansen ABSA Eastlands Takkode: 632005 Rek no: 230390126 Verw: Naam van skool + EG Landloop Program: Die uitleg van die program het verander a.g.v. provinsiale hokkieproewe wat ook op die dag plaasvind. Hiermee die finale program: 12:30 – 13:00 Spanbestuurdersvergadering in die Hotelskool 13:15 – 13:30 Opening vir atlete 13:30 – 14:00 0/19 Dogters 4x1.7km 14:00 – 14:30 0/15 Dogters 4x1.7km 14:00 – 15:00 0/11 Dogters 4x1.7km 15:00 – 15:30 0/11 Seuns 4x1.7km 15:30 – 16:00 0/13 Dogters 4x1.7km 16:00 – 16:30 0/13 Seuns 4x1.7km 16:30 – 17:00 0/15 Seuns 4x1.7km 17:00 – 17:30 0/19 Seuns 4x1.7km Vir enige navrae in verband met die byeenkoms, skakel gerus ons atletiekorganiseerder mev. T de Villiers op 061 195 6329. Jansengroete

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page