Dr. E.G. Jansen

Apr 11, 2019

Jakaranda FM Opedagbesoek

Beste Jansies en Ouers
 

 

 
Wil jy graag jou radiodebuut maak? Hier is jou kans. Martin Bester en die Jakaranda FM-span besoek ons skool van 06:00 tot 09:00 op Dinsdagoggend, 16 April as deel van ons Opedagverrigtinge.
 

 

 
Die pret skop of met #DieSkoolMetDieBesteGees! wanneer die hele skool die Jansenbom lewendig op die lug uitkreet! DigiTV beeldsaai ook al die verrigtinge.
 

 

 
Ons versoek dat al die Jansies hulle reelings so tref dat hulle reeds 06:00 by die skool is. Die skool verdaag 13:00 om voorbereidings vir die opedag to vergemaklik.
 

 

 
Ons weet ons kan altyd op julle staatmaak want Jansen is #DieSkoolMetDieBesteGees!
 

 

 
Jansengroete!

#Opedag #Graad8

    0