Dr. E.G. Jansen

Feb 13, 2019

Goue Liga

Graag gee ons die volgende reëlings rondom die atletiekbyeenkoms wat eerskomende Vrydag, 15 Februarie 2019, by Universiteit van Johannesburg Atletiekstadion
 

 
aangebied word.
 

 

 
1. Vertrektye
 

 
Die busse vir die atlete sal om 12:00 vanaf Settstraat vertrek. Daar is geen toeskouerbusse wat na die stadion sal vertrek nie. Toegang vir leerders in skooldrag
 

 
is gratis, volwassenes R20-00 en kinders R10-00 per persoon.
 

 

 
2. Program en tye
 

 
Die byeenkoms begin om 14:00 en sal volgens die program om 21:55 afgehandel wees. Ons moet u daarop wys dat die verloop van die atletiekprogram nie in ons hande is nie, maar in die hande van die gasskool. Daar kan onderbrekings in die program voorkom a.g.v. reën en/of kragonderbrekings. As die program vlot verloop, behoort die busse tussen 22:30 en 23:30 by Dr. E.G. Jansen (hoofhek) terug te wees.
 

 

 
3. Deelnemende skole
 

 
Helpmekaar Kollege, Hoërskool Dr EG Jansen, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Centurion, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Oosmoot & King
 

 
Eduard the VII
 

 

 
4. Kleredrag
 

 
Atlete het toestemming om gedurende tweede pouse in hulle atletiekdrag te verklee. Let daarop dat dit die korrekte EG Jansen atletiekdrag moet wees en geen ander klere
 

 
sal toegelaat word nie. Die skooltoeskouers moet in skoolklere geklee wees.
 

 

 
Jansengroete
 

 

 
#Atletiek2019 #AtletiekByJansen

#Sport #ATLETIEK

    0