top of page

Goue Liga


Graag gee ons die volgende reëlings rondom die atletiekbyeenkoms wat eerskomende Vrydag, 15 Februarie 2019, by Universiteit van Johannesburg Atletiekstadion aangebied word. 1. Vertrektye Die busse vir die atlete sal om 12:00 vanaf Settstraat vertrek. Daar is geen toeskouerbusse wat na die stadion sal vertrek nie. Toegang vir leerders in skooldrag is gratis, volwassenes R20-00 en kinders R10-00 per persoon. 2. Program en tye Die byeenkoms begin om 14:00 en sal volgens die program om 21:55 afgehandel wees. Ons moet u daarop wys dat die verloop van die atletiekprogram nie in ons hande is nie, maar in die hande van die gasskool. Daar kan onderbrekings in die program voorkom a.g.v. reën en/of kragonderbrekings. As die program vlot verloop, behoort die busse tussen 22:30 en 23:30 by Dr. E.G. Jansen (hoofhek) terug te wees. 3. Deelnemende skole Helpmekaar Kollege, Hoërskool Dr EG Jansen, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Centurion, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Oosmoot & King Eduard the VII 4. Kleredrag Atlete het toestemming om gedurende tweede pouse in hulle atletiekdrag te verklee. Let daarop dat dit die korrekte EG Jansen atletiekdrag moet wees en geen ander klere sal toegelaat word nie. Die skooltoeskouers moet in skoolklere geklee wees. Jansengroete #Atletiek2019 #AtletiekByJansen

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page