Dr. E.G. Jansen

May 16, 2019

Oud-Jansies kry 'Golden Key'-lidmaatskap by Noordwes-Universiteit (NWU)

Golden Key is 'n internasionaal erkende, nie-winsgewende organisasie wat geaffilieer is met meer as 400 universiteite in Australië, Kanada, Indië, Maleisië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Bahamas en die Verenigde State.
 

 

 
Lidmaatskap is slegs op uitnodiging en is uitsluitlik op akademiese meriete gebaseer. Lidmaatskap is beperk tot die top 15% van graadstudente, van alle dissiplines, wat ten minste een jaar van studie voltooi het.
 

 

 
Baie geluk aan Nanel Phillipson en Marion van Pletzen wat beide lidmaatskap verkry het. E.G. Jansen is baie trots op julle!
 

 

 
#AkademieByJansen #OudJansies

#Akademie #ALGEMEEN

    0