Dr. E.G. Jansen

Oct 20, 2017

Matriek Kloklui 2017

'n Reis van 'n duisend myl begin met 'n enkele tree...

Op 25 Oktober 2016 het 'n nuwe tradisie by Hoƫrskool Dr. E.G. Jansen begin, en op Vrydag 20 Oktober het hierdie jaar se matriekgroep die skool gegroet deur ook die klok vir die laaste keer te lui.

As 'n mens dink aan 'n nuwe reis, dan word 'n mens bang en opgewonde, twee emosies wat gewoonlik nie saam in 'n mens se siel draai nie. Pak jou tas vol van God se beloftes, vra Hom vir jou padkaart vorentoe en leef voluit.

Ons gaan die matrieks van 2017mis. Sterkte met die laaste skooleksamen mag dit goed gaan.

Jansiegroete.

#egjansen #Matriek

    0