Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

.png)
.png)
.png)

.png)

hOE WERK DIT?
Inskrywingsfooi.
Alle afstande (5km, 10km en 21km)het 'n inskrywingsfooi van R35.00.
Laaste dag van registrasie?
Jy kan tot die 24e Julie, die dag voor die resies, nog registreer.
Inhandiging van uitslae.
Jy moet jou finale uitslag via epos inhandig by Atletiek@EGJansen.co.za
Uitslae moet vergesel wees van jou volle name, soos op jou registrasievorm, en 'n skermskoot van jou GPS wat die afstand en tyd wat jy gehardloop het wys.
Tye kan tot 18:00 op die 26e Julie ingehandig word.
Wanneer en waar?
Jy kan op enige plek regoor die wêreld hardloop solank jy met die tydsone ooreenstem.
Jy kan van 06:00op die 25e Julie tot 18:000 op die 26e Julie hardloop.
Mediese bystand.
Aangesien hierdie 'n virtuele resies is, kan ons nie verantwoordelikheid vir enige beserings, dood of skade aanvaar nie. Ons weet dit is 'n riskant om alleen te hardloop, maar hierdie is soos enige oefen sessie en jy hardloop op die risiko.
Pryse.
'n Virtuele sertifikaat word aan elke atleet wat klaarmaak toegeken en daar sal 'n gelukkige trekking vir skoliere wees.
Finale uitslae.
Alle uitslae sal op woensdag die 29e Julie bekend gemaak word. Alle wenners, trekkings wenners inkluis, sal bekend gemaak word.
Kompetisie is goed vir jou!
Atletiek is 'n versameling sportaktiwiteite wat mededingende hardloop, spring, gooi en loop insluit. Die klem val hier op die woord mededingend, of kompeterend. Atletiek dwing jou om jou beste te gee. Jy is heeltyd gefokus om te verbeter, om sterker te word, om aan te hou en om eerste te kom. Dit is belangrike eienskappe vir jou lewenspad vorentoe.
Om te wen, is natuurlik nie alles nie, maar die strewe na 'n beter weergawe van jouself is waarmee E.G. Jansen se atletiek jou wil help.
Fasiliteite:
-
Hoofveld met spreiligte (Atletiek en Rugby)

Direkteur - ATLETIEK / LANDLOOP
Mnr. P. Komapgnie