Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

Kennisgewings
BRIEF AANGAANDE COVID
24 Januarie 2022 22:00:00
ALGEMEEN
Geagte Ouers,
Ons ondervind tans ‘n toename in die getal leerlinge wat positief vir Covid toets. Daar is geen
rede tot paniek nie en Dr. EG Jansen gaan nie sluit nie.
Indien u kind met tipiese Covid-simptome (hoofpyn, keelseer, hoes, naarheid, maagseer,
lyfseer en uitermatige moegheid) presenteer, wil ons die volgende voorstel:
Hou u kind by die huis en gaan doen ‘n Covid-toets;
Indien die toets positief is, hou u kind tuis vir solank as wat u dokter voorskryf;
Stel asseblief dadelik die skool in kennis van die uitslag.
Sou u kind negatief toets, maar bogenoemde simptome het, hou hom/haar asseblief
tuis tot sy/hy gesond is.
Indien u kind in direkte kontak (‘n Mediese dokter se definisie: 15 minute of meer, ‘n meter of nader en sonder ‘n masker) met iemand was wat positief getoets het, beveel ons aan dat hy/sy
vir 5 dae isoleer. Indien u kind wel simptome toon, volg bogenoemde aanwysings, maar as u
kind geen simptome toon nie, kan hy/sy na die 5 dae terug skool toe keer.
Ons versoek asseblief al ons leerlinge en ouers om die Covid-protokol te alle tye streng te volg: Was u hande gereeld, hou ten minste 1m afstand van alle mense en dra altyd u masker oor u neus en mond.
Wat die huiswerk en klaswerk betref, wil ons voorstel dat die leerlinge wat isoleer asseblief
die werk by hulle vriende kry. Van ons kant af gaan die personeel dit sover moontlik ook op die verskeie Whatsapp-groepe stuur. Logisties is dit ‘n groot uitdaging om huiswerk saam met
leerlinge te stuur of by Ontvangs te laat – ons wil liewer fisiese kontak met leerlinge wat positief
is, vermy.
As gevolg van bogenoemde situasie, wil ons u net bewus maak daarvan dat die Prysuitdeling
van Donderdag, 27 Januarie 2022 na Donderdag, 10 Februarie 2022 toe geskuif is. Ons is
jammer vir enige ongerief veroorsaak.
Ons waardeer u ondersteuning in hierdie verband.
Bly asseblief veilig en gesond.
Jansiegroete.