Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

Kennisgewings
ATLETIEKBYEENKOMS - 21 JAN 2022
19 Januarie 2022 10:30:00
SPORT - ATLETIEK
Geagte Ouers en Atlete,
ATLETIEKBYEENKOMS:
Hier volg die reëlings aangaande eerskomende Vrydag, 21 Januarie 2022, se atletiekbyeenkoms wat by Boksburgstadion aangebied word:
1. Vervoer
Die busse vir die atlete sal om 12:30 vanaf Rietfonteinweg vertrek. Geen busse is vir
toeskouers gereël nie. Na afloop van die verrigtinge is elke atleet verantwoordelik vir sy eie
vervoer aangesien daar geen busse gaan wees nie.
2. Program en tye
Die byeenkoms begin om 14:30 en sal volgens die program om 21:30 afgehandel wees. Neem asseblief kennis dat onvoorsiene onderbrekings a.g.v. reën kan voorkom.
3. Kleredrag
Die atlete het toestemming om gedurende tweede pouse in hulle atletiekdrag te verklee. Let daarop dat slegs die korrekte EG Jansen-atletiekdrag gedra mag word en geen ander klere toegelaat word nie. Die leerlinge wat as toeskouers gaan, moet in skooldrag geklee wees.
Jansengroete.