Visie
Ons onderneem om deur middel van ‘n hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde personeelkorps die beste en mees effektiewe opvoeding en opleiding aan al ons leerders te voorsien sodat hulle, hul volle potensiaal op akademiese, kulturele, sport- en leierskapgebied kan bereik.
Ons streef altyd na uitnemendheid. Ons doel is om energieke, gelukkige jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer.

Toep Kennisgewings

6 Junie 2023 09:45:00
Bloktyd!
Eksamen
Benut jou bloktyd! Daar is leerlinge wat op dae wat hulle nie skryf nie, steeds by die skool is, maar nie om te studeer nie. Geen leerder mag by die skool wees op dae wat hulle nie skryf nie, veral nie in gewone drag nie. Bloktyd is daar vir jou om beter vir vraestelle voor te berei, gebruik dit!

20 April 2023 08:45:00
Skool verdaag vroeg
Algemeen
NEEM KENNIS:
Hoërskool Dr. E.G. Jansen sal môre, Vrydag, 21 April 2023, om 12:00 verdaag aangesien al die sportspanne (netbal, hokkie en rugby) vroeg moet vetrek om aan die NWU-Skolereeks deel te neem, van ons kinders en onderwysers is by die ATKV-redenaars by Laerskool Concordia betrokke en ‘n groep gr. 11 leerlinge en ‘n personeellid woon TUKS se akademiese dag by. Baie sterkte aan al ons spanne.
Ons is jammer oor enige ongerief hierdeur veroorsaak.
Jansen-groete.
Mnr. L.F. De Beer
SKOOLHOOF

17 Maart 2023 08:30:00
Rapportpunte
Akademie
Geagte ouers, indien u kind nog nie 'n vraestel(le) wat hy of sy tydens die toetsreeks gemis het ingehaal het nie, moet hy/sy met die betrokke personeellid reël om volgende week daardie vraestel(le) te skryf. So nie, ontvang die leerder(s) nul(o) vir daardie vraestel(le). Rapporte word op Vrydag, 14 April uitgehandig. Jansengroete

12 Januarie 2023 06:30:00
Graad 12-Inligtingsaand 2023
Geagte Matriekouers
GRAAD 12-INLIGTINGSAAND: 22 Januarie 2023
Neem asseblief kennis van vanaand se belangrike vergadering vanaf 18:00 tot 19:00 in die skoolsaal. Ons versoek dat u en u kind (geklee in skooldrag) die vergadering asseblief sal bywoon. Jansengroete. LF de Beer