ALLES WAT JY MOET WEET
 

Vraag: Hoe verskil die nuwe manier van 2014 van die huidige manier van onderrig?  

 

Die nuwe manier van onderrig behels dat 'n leerling se handboeke as elektroniese boeke op 'n tablet gestoor word, eerder as gedrukte boeke. Die e-handboek (ePub) word fisies op die leerling se tablet gestoor wat beteken dat die leerling sy handboeke oral saam met hom/haar kan neem. 


Opdatering van die handboek se inhoud geskied binne die skool se Wifi netwerk, wat sodoende verseker dat die leerling altyd die nuutste bywerkings van die onderwysers ontvang. 'n Leerling het dus nie sy eie internettoegang tuis nodig nie, want hy ontvang alles vanaf die skool se stelsel as by/sy hier is. 


Vraag: Wanneer moet my kind in besit wees van 'n tablet?  

 

Ons verwag van elke leerling om die dag wat die skool begin met 'n tablet by die skool op to daag. In die eerste week van skool sal leerlinge intekenkodes en wagwoorde ontvang vir die aflaai van handboeke. 


Vraag: Het ons internet by die huis nodig?

 

Nee, tuis Internet is nie nodig nie. Al die leerling se opdaterings van ekstra toevoegings tot hul handboeke word binne die skool se Wifi-stelsel hanteer. 


Vraag: Watter grade gebruik die stelsel?  

 

Vanaf graad 8 tot 12.


Vraag: Wat is die minimumvereistes vir die tablette?

 

Hier is die minimumvereistes soos van verskaffer:

 

ANDROID

 

 

Vlak 1 Android toestelle (bv. Samsung, Acer, Asus, Sony, LG), met die volgende minimum spesifikasies:

  • Quad Core CPU met 1.2 GHz verwerkingspoed

  • 16GB interne geheue

  • 2GB RAM

  • Android weergawe 5 of hoër (Lollipop of nuwer)

 

APPLE iOS

 

Apple iOS toestelle met die volgende minimum spesifikasies:

  • iOS 10 of hoër

  • iPad 4 en hoër, iPad Mini 2 of hoër, iPad Air of iPad Pro

  • iPhone 6 of hoër

 

macOS

 

macOS toestelle met die volgende minimum spesifikasies:

  • Mac toestelle met macOS Sierra 10.12 (2013 modelle en nuwer)

  • Let Wel: Die miEbooks toepassing sal slegs beskikbaar wees op macOS vanaf Januarie 2018

 

 

WINDOWS

 

Enige toestel wat Windows ondersteun wat aan die volgende spesifikasies voldoen:

  • Tablet of skootrekenaar met Windows 10 of hoër

  • 16GB interne geheue

  • 2GB RAM

 

CHROMEBOOKS

 

Google Chromebooks wat die Android Playstore toepassings ondersteun:

  • Asus Chromebook Flip

  • Acer Chromebook R11 / C738T

  • Google Chromebook Pixel (2015)

 

Vraag: Wat is die Aanbeveelde Spesifikasies?

Hier is die aanbeveelde spesifikasies soos van verskaffer:

 

ANDROID

 

Vlak 1 Android toestelle (bv. Samsung, Acer, Asus, Sony, LG), met die volgende minimum spesifikasies:

  • Quad Core SVE (CPU) met 1.9 GHz verwerkingspoed

  • 32GB interne geheue

  • 2GB RAM

  • Android weergawe 5 of hoër (Lollipop of nuwer)

 

APPLE iOS

 

Apple iOS toestelle met die volgende minimum spesifikasies:

  • iOS 10 of hoër

  • iPad Mini 3, iPad Air 2, iPad Pro of hoër Apple iOS

  • iPhone 6 of hoër

 

macOS

 

macOS toestelle met die volgende minimum spesifikasies:

  • Mac toestelle met macOS Sierra 10.12 (2013 modelle en nuwer)

  • Let Wel: Die miEbooks toepassing sal slegs beskikbaar wees op macOS vanaf Januarie 2018

 

WINDOWS

 

Enige toestel wat Windows ondersteun wat aan die volgende spesifikasies voldoen:

  • Tablet of skootrekenaar met Windows 10 of hoër

  • 32GB interne geheue

  • 4GB RAM

 

CHROMEBOOKS

 

Google Chromebooks wat die Android Playstore toepassings ondersteun:

  • Asus Chromebook Flip

  • Acer Chromebook R11 / C738T

  • Google Chromebook Pixel (2015)

 

 

Vraag: Is die tablet deel van skoolfonds of waar kan ons tablette aankoop?  

 

Die tablet is ongelukkig nie deel van skoolfonds nie. As ouer kan u enige tablet koop wat aan die minimumvereistes voldoen. 


Vraag: Hoeveel stoorspasie moet die tablet hê?

 

Die meeste toestelle kom uit met minimum 4Gb se stoorspasie, maar 8Gb is die algemeen. Indien 'n leerling ekstra spasie benodig, kan 'n addisionele Micro-SD kaart in die tablet geplaas word wat tot 32Gb ekstra stoorspasie kan lewer. 


Vraag: Mag ek 'n Samsung tablet koop?

 

Nee nie noodwendig nie, Samsung is een van die beste toestelle wat van die Android bedryfstelsel gebruik maak, maar dit is nie jou enigste keuse nie. Vele ander Android tablette is beskikbaar op die mark.


Vraag: Is daar enige ekstra kostes buiten die R35 per maand? En waarvoor is dit?  

 

Naas die aankoop van die tablet (deur ouer self) is die enigste uitgawe die maandelikse R35 koste wat op die leerling se skoolrekening gevoeg word. Die skool sal dan elke maand die totale bedrag aan ITSI oorbetaal en die administratiewe sy daarvan bestuur. 


Die R35 per maand betaal vir die ongelooflike tegnologie wat die leerling se handboeke bestuur, rugsteun van sy unieke notas maak, data sinkroniseer soos onderwysers dit oplaai, asook die beveiliging van data waartoe die leerling toegang het of kan kry. Die stelsel sluit ook 'n woordeboek, 34 000 wetenskap- en wiskunde voorbeelde, gekombineerde kalender en 'n Mobi-Reader in. Een van die toekomstige ontwikkelings waaraan ITSI tans ontwikkel, gaan informele klastoetse op die tablet moontlik maak. 


Vraag: Wat is die invloed op die skoolfonds?  

 

Slegs die R35 per maand word by die skoolfonds gevoeg. Daar is geen ander invloed van die tablette op skoolfonds nie. 


Vraag: Moet ons die e-handboeke ekstra aankoop?

 

Nee. Soos in die verlede is alle handboekkostes REEDS INGESLUIT by 'n leerling se skoolgelde. Dr. EG Jansen hef geen ekstra kostes vir handboeke tot die skoolfonds nie. Die kostes van 'n leerling se e-boeke is dus ook in 2014 reeds deel van die skoolgelde. 


Vraag: Hoe gaan leerlinge huiswerk doen en eksamen skryf?  

 

Leerlinge gaan steeds hul eksamens aflê op papier, soos tans die geval is. Die tablet word slegs gebruik as die leerling se elektroniese handboek. Hy/sy sal van die tablet af leer, of sal soos hy/sy tans opsommings op papier gemaak het, kan voortgaan daarmee op die tablet. Hoe ver die leerling sy tablet in sy leer integreer, is sy eie keuse. Projekte en take sal steeds soos in die verlede hanteer word. 

 

Vraag: In wetter taal is die e-handboeke?  

 

Sover moontlik sal Afrikaanse handboeke aangekoop word. Slegs lnligtingstegnologie se programmeringshandboek word slegs in Engels gepubliseer. 


Vraag: Wat maak my kind met sy tablet as by sport gaan oefen?  

 

Op die oomblik moet 'n leerling sy eiendom oppas soos hy enige ander eiendom oppas. 
 

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

GPS Koördinate


S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Webbladsy deur welikeit.