GRAAD 8-KAMP

January 3, 2020

Moet dit nie misloop nie.

Die kamp vind vanaf Sondag 12 Januarie tot en met Dinsdag 14 Januarie 2020 by Warthogg Inn (naby Brits) plaas.

https://web.facebook.com/Warthog-Inn-Adventure-Camp-141769822654913/

Waarom is dit 'n goeie besluit om u kind op die kamp te laat gaan?

Hier kry die Jansieraad 'n geleentheid om baie nou saam met die graad 8-leerlinge te werk om hulle voor te berei vir die hoërskool.

Die koste vir die kamp beloop R800 (kamp,vervoer en T-hemp) per leerling.

Internetbetalings of direkte deposito's:ABSA Eastlands, rekeningnommer 230390126, verwysing: Gr. 8-kamp 2020

 

Alle bewys van betalings en vrywaringsvorms moet direk na die finansiële kantoor gestuur word na annette@egjansen.co.za.

 

https://www.egjansen.co.za/graad-8-2020

Die graad 8's moet op 12 Januarie 2020 reeds om 07:00 aanmeld in Dr.E.G.Jansen se skoolsaal.



Benodighede vir die kamp:

Julle uitstappie is na die bosveld en julle sal die volgende moet saamneem:

1. SLAAPTOERUSTING:
Die rondawels het bunkerbeddens in met sponsmatras.
* Slaapsak of kombers of duvets.
* Warm slaapklere (bv. sweetpak).
* Kussing

2. KLERE:
* Warm truie of baadjie.
* Swemklere.
* Ou klere — ONTHOU JY IS IN DIE BOS!
* Kouse.
* Loopskoene (tekkies of stapskoene).
* Plakkies is opsioneel.
* 2 handdoeke (een vir swem).
* Hoed of 'n 'keps'. ​​

3. EETGEREI:
* Mes/Vurk/Lepel.
* Bord en Beker.
* Waterbottel.
* Opwaslappe.

4. ALGEMEEN:
* Bybel.
* Medikasie indien benodig.
* `Sunblock', dit is bale warm in BRITS — Faktor 20 en hoër.
* Flitslig.
* Pen en notaboekie.
* Insekweerder (muskiete).
* GEEN RADIO'S OF SELLULêRE FONE WORD TOEGELAAT NIE.
* Bagasieruimte is beperk.
* Pak oordeelkundig.
* 'n Positiewe gesindheid. 

 

 

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Top Nuus

BELANGRIKE DATUMS VIR GRAAD 8'S

January 8, 2020

1/10
Please reload

Onlangse Artikels

January 27, 2020

January 27, 2020

January 23, 2020

January 23, 2020

Please reload

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

GPS Koördinate


S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Webbladsy deur welikeit.