ATLETIEKBYEENKOMS: Abrie van Staden, 25 Januarie 2019

January 22, 2019

Graag gee ons die volgende reëlings rondom die atletiekbyeenkoms wat eerskomende Vrydag, 25 Januarie 2019, by L.C. de Villiersstadion (TUKS) aangebied word. 


1. Vertrektye
Die busse vir die atlete sal om 13:00 vanaf Settstraat vertrek. Daar is geen toeskouerbusse wat na die stadion sal vertrek nie. Toegang vir toeskouers is R20.00 per persoon.

2. Program en tye
Die byeenkoms begin om 15:00 en sal volgens die program om 22:00 afgehandel wees. Ons moet daarop wys dat die verloop van die atletiekprogram nie in ons hande is nie, maar in die hande van die gasskool. Daar kan onderbrekings in die program voorkom a.g.v. reën en/of kragonderbrekings. As die program vlot verloop, behoort die busse tussen 23:00 en 23:30 by Dr. E.G. Jansen (hoofhek) terug te wees.

3. Deelnemende skole
Dr. E.G. Jansen, Helpmekaar Kollege, Oos Moot, Prestige College, Rustenburg, Transvalia en Garsfontein.

4. Kleredrag
Atlete het toestemming om gedurende tweede pouse in hulle atletiekdrag te verklee. Let daarop dat dit die korrekte E.G. Jansen atletiekdrag moet wees en geen ander klere sal toegelaat word nie. Die skooltoeskouers moet in skoolklere geklee wees.

Jansengroete

#Atletiek2019 #AtletiekByJansen 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Top Nuus

JansenTV terugflits: Pom-Poms Video

November 28, 2019

1/10
Please reload

Onlangse Artikels

December 2, 2019

December 2, 2019

November 28, 2019

November 25, 2019

Please reload

Tel: 011 826 1538/9

Faks: 011 826 4015
 

E-pos: epos@egjansen.co.za
 

POSADRES

 

Posbus 25454

Oosrand

1462

FISIESE ADRES

 

Rietfonteinweg
Boksburg
1459

 

GPS Koördinate


S 26’11’24.0″ E028’14’23.3″

© 2017 deur Hoërskool Dr. E.G. Jansen. Webbladsy deur welikeit.