Voete is aan die brand vir die Revue van 2022

Geskryf deur Kyra Pratt


Dis vuur, dis vlam, dis lekker ou Jan. Staan opsy Rugby en Netbal, want die Revue van 2022 gaan die kollig steel. Onder leiding van Juffrou Minnaar en haar wonderlike revuespan, is die Revue-oefening reeds by Hoërskool Dr. E.G. Jansen in aanvang. Die dansskoene is aan en die litte is los...


Met Irene-Louise Van Wyk se opgewekte Afrikaanseliedjie, “Tekkies Brand” het die Junior Revuespan al klaar ‘n voorsmakie gekry van watse ‘jol’ die 2022-Revue gaan wees. Ons is bevoorreg om die akteur, sanger en danser Phillip Schnetler (wat bekend is vir sy gasrol as “Ashton” in die Afrikaanse sepie, ‘Getroud met Rugby’) as choreograaf by Jansen te verwelkom.


Revue was nog altyd jaar na jaar ‘n besondere belewenis by E.G. Jansen, met uitsonderlike klankbane, dansers en sangers van formaat! Die kultuurdroogte is verby: Revue 2022 – waar elkeen ‘n ster in eie reg is...

0 comments

Recent Posts

See All