top of page

POMPOM – PROJEK 2021: EG JANSEN GAAN BLOU !!!

DATUM: 1 April 2021


Die leerlinge word die geleentheid gegee om op 1 April slegs blou en wit aan te trek. Elke leerder sal dan ‘n bydra van R10 maak wat ten bate van outisme aangewend sal word.


Ons gaan ook lootjies verkoop vir 2 Paaseier-mandjies wat aan ons geskenk is. Die trekking sal gehou word op 9 April.


WAARVOOR GAAN DIE GELDE AANGEWEND WORD:


Ons beplan om ‘n skool vir spesiale behoefte leerders te ondersteun. Die skool is geleë in Boksburg – Peterhouse School for Special Needs (Excelsior Academic College). Die skool het tans verskeie leerders met spesiale behoeftes waarvan outisme maar net een is. Die skool het ook “Healing Hugs – therapy dogs” wat hulle daagliks help met die kinders.



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page